Friday, 18 February 2011

My vakansie by Buffelspoort dam in die Noord Wes

Sien ek is so opgewonde oor die KARP vis vang dat ek net wil fotos wys en nie eens 'n biedjie agtergrond gee nie.  Ons het besluit om 2010 se see vakansie te ruil vir 'n vakansie by Buffelspoort dam.  Dit is 'n baie skoon dam met vriendelike personeel en 'n snoep winkel.  Dit is ook 'n rustige dam.  Daar is net een ding wat baie mense mis kyk by Buffelspoort dam.  Dit is omdat dit lyk asof die dam beskerm is tussen die berg dink mense dat die dam nie baie winde het nie.  Dit is waar jy die grootste fout maak.  Die winde wat daar waai is ongelooflik sterk.  Jy moet sorg dat jy 'n ordentelike tent het.  Daar is vuilgoed dromme wat by die staan plekke is.  Hulle word gereeld leeg gemaak.  Daar is ablisie blokke met storte en toilete wat ook netjies is en skoon gehou word.  Die tariewe is ook baie bekostigbaar.  Ons het ons vakansie daar baie geniet.  Die groot KARPS was natuurlik die hoogte punt van alles.

No comments:

Post a Comment