Hier is ek met my heel eerste groot KARP wat ek in Buffelspoort dam gevang het. Die is tot vandag nog my PB. Die karp het 17kg geweeg. Soos julle kan sien is ek baie trots op die KARP dat ek skoon vergeet om vir die kamera te kyk. Dit was my eerste maar nie my laaste ondervinding met die groot kaps. Wanneer jy hierdie KARP in jou hande vat is dit asof jy jou eie baba in jou hand vat. Hulle is so skaars dat jy oor beskermend is oor hulle. As ons hulle nie gaan oppas nie, hoe gaan ons kinders hulle te siene kry. Daar is so ongelooflike gevoel wanneer jy die karp weer terug in die water sit. As dit net lyk asof hy enigsins seer gekry het dan begin jou hart in jou skoene sak. Die oomblik wat hy daardie eerste asem teug of eerder water teug in het en hy swem weg, dan is daar binne in jou so baie gemengde gevoelens. 'n Gevoel van trots, verligting en hartseer. Hoekom hartseer sal julle dalk vra. Wel mens weet nooit wanneer daar iemand onverantwoordeliks kom en hierdie erf porsie van ons nageslagte kom vernietig nie.
No comments:
Post a Comment