PIET PIE SE VISVANG DAE
Friday, 18 February 2011
My derde KARP by Buffelspoort dam
My tweede KARP by Buffelspoort dam
Hier is ek met my tweede KARP by Buffelspoort dam. Die KARP het 12kg geweeg. Links wys ek die grootte van die KARP se bek. Soos julle kan sien in die foto's is elke een wat ek vang my trots. Ek maak altyd seker dat die KARP gemaklik is en nat bly. Omdat die KARPS so groot is kan hulle vinnig warm kry en vrek. Die foto's word ook baie vinnig geneem sodat die KARP so gou moontlik kan terug gaan in die dam in.
My vakansie by Buffelspoort dam in die Noord Wes
Sien ek is so opgewonde oor die KARP vis vang dat ek net wil fotos wys en nie eens 'n biedjie agtergrond gee nie. Ons het besluit om 2010 se see vakansie te ruil vir 'n vakansie by Buffelspoort dam. Dit is 'n baie skoon dam met vriendelike personeel en 'n snoep winkel. Dit is ook 'n rustige dam. Daar is net een ding wat baie mense mis kyk by Buffelspoort dam. Dit is omdat dit lyk asof die dam beskerm is tussen die berg dink mense dat die dam nie baie winde het nie. Dit is waar jy die grootste fout maak. Die winde wat daar waai is ongelooflik sterk. Jy moet sorg dat jy 'n ordentelike tent het. Daar is vuilgoed dromme wat by die staan plekke is. Hulle word gereeld leeg gemaak. Daar is ablisie blokke met storte en toilete wat ook netjies is en skoon gehou word. Die tariewe is ook baie bekostigbaar. Ons het ons vakansie daar baie geniet. Die groot KARPS was natuurlik die hoogte punt van alles.
Januarie 2010 Buffelspoort dam
Hier is ek met my heel eerste groot KARP wat ek in Buffelspoort dam gevang het. Die is tot vandag nog my PB. Die karp het 17kg geweeg. Soos julle kan sien is ek baie trots op die KARP dat ek skoon vergeet om vir die kamera te kyk. Dit was my eerste maar nie my laaste ondervinding met die groot kaps. Wanneer jy hierdie KARP in jou hande vat is dit asof jy jou eie baba in jou hand vat. Hulle is so skaars dat jy oor beskermend is oor hulle. As ons hulle nie gaan oppas nie, hoe gaan ons kinders hulle te siene kry. Daar is so ongelooflike gevoel wanneer jy die karp weer terug in die water sit. As dit net lyk asof hy enigsins seer gekry het dan begin jou hart in jou skoene sak. Die oomblik wat hy daardie eerste asem teug of eerder water teug in het en hy swem weg, dan is daar binne in jou so baie gemengde gevoelens. 'n Gevoel van trots, verligting en hartseer. Hoekom hartseer sal julle dalk vra. Wel mens weet nooit wanneer daar iemand onverantwoordeliks kom en hierdie erf porsie van ons nageslagte kom vernietig nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)